Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 26 JANUARIE 2014

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

DIE ARRL VIER EEUFEES IN 2014
VOLGENDE INTECNET ONDERSOEK DIE JEUG IN AMATEURRADIO
SKOLE EN UNIVERSITEITE GENOOI OM VOORLEGGINGS TE MAAK VIR OPVOEDKUNDIGE DRAVRAG OP KLETSKOUS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

DIE ARRL VIER EEUFEES IN 2014

Gelukwense aan die ARRL met hul 100 jarige bestaan. Die Amerikaanse Radioliga is in 1914 deur
Hiram Percy Maxim gestig. Hy het besef dat boodskappe met groter sekerheid oor lang afstande gestuur kon word deur van herhalerstasies gebruik te maak.

Dit was Hiram Percy Maxim, president van die ARRL, wat na die Eerste Wêreldoorlog vir die terugkeer van amateurradio! geveg het. Gedurende daardie tyd het regerings gepoog om amateurs permanent die lug te ontneem. Hierdie stap het ondersteunende radioverenigings van ander lande, soos die SARRL (nou SARL), aangemoedig en is die Internasionale radiounie (IARU) in 1925 gestig met die doel om amateurradio te bervoder en te beskerm en om met die ITU en regerings te skakel.

Terloops, die Wireless Institute of Australia (WIA), was in 2010 honderd jaar oud.

VOLGENDE INTECNET ONDERSOEK DIE JEUG IN AMATEURRADIO

Die volgende INTECNET sal op Dinsdag, 11 Februarie, as deel van die SARL Jeugweek plaasvind. Jong amateurs word genooi om deel te neem aan ‘n debat oor waarom hulle amateurs geword het en wat gedoen kan word om meer jongmense by hierdie stokperdjie te betrek.

Intecnet sal oor herhalers in Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria sowel as op echolink gedra word. Indien jy ‘n jong amateur is word jy genooi om jou naam met die oog op insluiting op die besprekingspaneel in te dien. Stuur epos aan artoday@sarl.org.za met jou kontakbesonderhede en ons sal met jou in aanraking kom om reëlings te finaliseer.

SKOLE EN UNIVERSITEITE GENOOI OM VOORLEGGINGS TE MAAK VIR OPVOEDKUNDIGE DRAVRAG OP KLETSKOUS

Hierdie berig is in verlede week se nuus gedra. Het u opgetree? Doen dit nou!

Die South African Amateur Radio Satellite Association, SA AMSAT, nooi skole en Universiteite om voorleggings te maak vir opvoedkundige projekte om ingesluit te word by hul Kubussatelliet wat tans ontwikkel word.

SA AMSAT bou ‘n klein satelliet met ‘n 20 kHz transpondeerder om aan amateurradioentoesiaste die geleentheid tot ruimtekommunikasie te bied. Hannes Coetzee, die projekleier het gesê: "We believe this is an ideal opportunity to include an educational project that will be of interest to learners to promote Science and Technology based activities" en vervolg:

"Space is a magical subject and attracts the attention of many young people even those who may not have shown an interest in science as a subject at school or as a past time. Combining Amateur Radio with Space doubles the attraction."

"While the satellite will carry a telemetry beacon which report on the health of the satellite and provides interesting opportunities for learners to acquire more knowledge about space, we believe that a student designed project will add the additional magic."

Voorleggings vanaf skole en Universiteite word ingewag. Die interessantste voorlegging sal vir insluiting oorweeg word. Oorspronklikheid en die belangstelling wat dit van jongmense sal wek as dit uit die ruimte opereer sal as van die kriteria dien.

Hannes vervolg: "It should also be noted that the project needs to be small enough to fit in with the rest of the equipment of the 10x10x10 cm CubeSat and draw as little as power as possible."

"I believe this an ideal opportunity for a school's science club to take a project into space and to be able to monitor information about their project included in the spacecraft telemetry string."

Voorstelle moet so volledig moontlik gedokumenteer word en per e-pos aan SA AMSAT gestuur word by saamsat@intekom.co.za. Die sluitingsdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2014.

AMATEURRADIOBOEKE

Die Suid Afrikaanse Amateurradioontwikkelingstrust het ‘n aantal boeke beskikbaar wat vanaf die ARRL aangekoop is toe die rand nog teen minder as R10 teenoor die US Dollar verhandel het. Nuwe aankope sal aansienlik duurder wees. ‘n Lys van boeke wat beskikbaar is is te vind by www.amateurradio.org.za, klik die boeke skakel.

OPERVLAKTEMONTERINGSKURSUS GROOT PRET

Die opervlaktemonteringskursus en projek is verlede Saterdag met groot welslae aangebied. Deelnemers het Frik Wolff, ZS6FZ, gelukgewens met sy aanbieding en leermateriaal. Almal was dit eens dat dit die vrees van met miniatuurkomponente te werk finaal besweer het. ‘n Volgende kursus sal binnekort plaasvind, hou die SARL webwerf en SARL Nuus dop vir die inligting.

HOE HET EME ZS6OB GEBYT?

In hierdie week se Amateur radio Today praat Pine Pienaar, ZS6OB, hoe hy by EMA betrokke geraak het. Pine is die eerste amateur op die Afrika vasteland en die tweede in die Suidelike halfrond om ‘n 2m EME DXCC te maak. Skakel vanoggend by hom in of luister na een van die vele herhalings. Tye en frekwensies is op www.sarl.org.za beskikbaar. Kies die Amateur Radio Today skakel in die linkerkantse kollom.

KLUBNUUS

SUID KAAP AMATEUR RADIO KLUB AKTIEF GEDURENDE DIE DIAZ FEES

Die Suid Kaap Amateur Radio Klub sal aktief wees gedurende die Diaz fees in Mosselbaai onder die roepsein van ZS1SKR. Al die amateurbande sal gebruik word. Nou is dit die tyd om die klub se sertifikaat te verwerf. Besoek gerus zs1skr.org.za vir meer inligting.

KOMPETISIENUUS

AWA GG AKTIWITEIT

As gevolg van ‘n administratiewe glips is die tye wat in verlede week se Nuus verskaf is verkeerd.

Die tye is verminder vanaf ‘n volle 24 uur aktiwiteit en is nou soos volg.

Sondag 2 Februarie vanaf 13:00 (15:00 SAT) tot 17:00 (19:00 SAT).
Die frekwensies om te gebruik is 14 000 to 14 060 kHz; 7 000 to 7 040 kHz; 3 510 to 3 560 kHz.

Jy kan in enige van vier kategorieë deelneem – a) Enkeloperateur, alle bande lae krag b) Enkeloperateur, alle bande QRP c) Enkeloperateur, Enkelband lae krag en d) Enkeloperateur, Enkelband QRP

Die uitruiling is ‘n RST verslag, operateursnaam en ruitverwysing. Kontakte verdien 1 punt vir lae krag en twee punte vir QRP. Logstate moet teen 17 Februarie by andyzs6ady@vodamail.co.za ingedien wees.

Ons maak verskoniong vir enioge ongerief.

JEUGNAELLOOP

Hierdie is ‘n pretaktiwiteit om kontakte tussen jong radioamateurs in Suid Afrikaanse lande aan te moedig. Roep "CQ Youth Day" op Saterdag 15 Februarie 2014 vanaf 10:00 tot 12:00 plaaslike tyd.
Die uitruiling is ‘n RS verslag en die operateur se ouderdom. Dit is ‘n foonnaelloop op die 40 m band (7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz).

Logstate moet binne sewe dae na die kompetisie ingedien word by youthsprint@sarl.org.za. Die sluitingsdatum vir die indien van logstate is 22 Februarie 2014. Die ouderdom van die operateur moet op die opsommingsbladsy aangetoon word. Alle logstate wat ontvang word sal in aanmerking kom vir ‘n trekking vir Studentelidmaatskap van die SARL sowel as vele ander pryse. Luister volgende week na SARL Nuus vit meer besonderhede. Besoek ook www.hamradio.org.za vir meer inligting.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak matig gaan wees. Daar is slegs 'n geringe kans vir M-klas sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 80.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

31 Januarie - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominsasies vir SARL Raadslede en mosies vir die AJV
2 Februarie – AWA GG Aktiwiteit
15 Februarie – Jeugnaelloop
17 Februarie - sluitingsdatum vir logstate van AWA GG Aktiwiteit
22 Februarie – sluitingsdatum vir logstate van Jeugnaelloop
28 Februarie - Sluitingsdatum vir Jeug Opstelkompetisie
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure is op www.sarl.org.za. beskikbaar vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003